‘n Seun (8) van Tjakastad wat Vrydag 30 September by Elukwatini-polisiestasie as vermis aangemeld is, se liggaam is Sondag gekry.
Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê sy gedeeltelike ontbinde liggaam is in ‘n straat naby sy huis gekry waar die polisie en familie tevergeefs voorheen na hom gesoek het.
Die verslag van die seun se nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy doo bepaal terwyl die ondersoek na die omstandighede wat na sy dood gelei het, ondersoek word.
Enige persoon met inligting kan speur-konstabel Richard Masuku by 060 637 8758 kontak, of alternatiewelik die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



