Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het aangekondig hoë temperature sal Dinsdag voortduur terwyl ‘n hittegolf oor die land beweeg.
Baie warm temperature is in Gauteng, Noord-Wes, Vrystaat en KwaZulu-Natal aangeteken.
Die goeie nuus is dat die hittegolf hopelik teen Woensdag sal opklaar en die temperature behoort van dertig tot die hoë twintigs oor die naweek te daal.
Bronne: Eyewitness News, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Maak reg vir ‘n warm week in Suid-Afrika



