Die taxidrywer wat Maandag op video vasgelêg is toe hy aspris probeer het om ‘n metro-verkeersbeampte om te ry toe hy hom ‘n boete wou gee, is op vyf aanklagtes gearresteer.
Die bestuurder, wat nog nie genoem kan word nie, word aangekla van poging tot moord, roekelose en nalatige bestuur, die dreigvan ‘n lid van die Durbanse metropolisie, aanranding, die verontagsaming van wettige opdrag en regsverydeling.
Geraldine Stevens, woordvoerder van die Durban-metropolisie, het gesê ‘n saak is by Hillcrest-SAPD geopen.
Stevens het gesê die beampte in die video was ‘n verkeersman en nie ‘n polisiebeampte nie. Sy het gesê die beampte sal binnekort polisie-opleiding ondergaan. Hy sal berading aangebied word.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Iran-optogte duur voort, versprei na universiteite



