’n Vrou sterk in die hospitaal aan nadat sy die naweek by ’n Drakensberg-hotel deur ’n pofadder gepik is.
S.T.A.R.T. se direkteur en woordvoerder, Warren Brauns, het gesê hulle is Sondagoggend oor die voorval in kennis gestel. Hy het gesê hulle het by aankoms gesien daar is ‘n duidelike pikmerk en swelling aan die vrou en sy is per helikopter na ‘n hospitaal geneem.
Mense word aangeraai om onmiddellik hul plaaslike nooddienste te kontak indien hulle deur ‘n slang gepik word of slange teëgekom word.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kat bring ‘geskenk’ vir eienaars – ‘n hoogs giftige slang



