‘n Konstabel van die Tshwane Metro-polisiedepartement wat van diens was, is gister tydens ‘n kaping om 02:00 in Olievenhoutbosch, Pretoria, doodgeskiet.
Die lid se meisie en nog twee insittendes was glo tydens die voorval saam met hom in die voertuig. Sy is in die been geskiet.
Die konstabel se liggaam is later naby Samrand gevind. Sy vuurwapen word vermis.
Sr. supt. Isaac Mahamba, woordvoerder vir TMPD, het die voorval bevestig, asook dat die beampte se liggaam met verskeie skietwonde gekry is.
Hy is op die toneel waar hy gevind is, dood verklaar.
“Op hierdie stadium is die saak onder polisie-ondersoek en sal sy identiteit eers bekend gemaak word nadat sy familie in kennis gestel is.”
TMPD dra hul simpatie oor aan die oorledene se familie, vriende en kollegas.
‘n Saak van moord, proging tot moord en kaping word deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



