Man dringend op soek na vermiste vrou

Deel hierdie storie / Share this story

Neels Pieterse is rasend van bekommernis nadat sy vrou op 30 September vermis geraak het.

Haar motor word ook vermis.

Stefanie Pieterse (32) het op dié dag van haar verdwyning die laaste keer ongeveer 11:40 met Neels kontak gehad.

Volgens Neels is sy die laaste keer deur haar kollegas gesien waar sy by die Zandfontein begrafplaas in Pretoria inry.

Stefanie se werk is glo oorkant die begrafplaas.

Niemand het haar weer daarna gesien nie.

Sy het op die dag van haar verdwyning ‘n pienk hemp en denim aangehad.

“Liewe Heer, bring asb. my vrou veilig trug huis toe, ek weet nie hoe ek hierdie gaan doen sonder haar nie, ek en die kinders het haar so-so nodig, hierdie breek vir my, bring haar huis toe asb.,” skryf Neels.

DIe egpaar het drie kinders.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel