‘n Ma en haar eenjarige baba was onder die kajuit van ‘n vragmotor vasgepen nadat ‘n vragmotor en sleepwa omgeslaan het.
Beide ma en kind was in ‘n kritieke toestand en verskeie gevorderde lewensondersteunende intervensiemetodes was nodig om hulle te stabiliseer voordat hulle per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg vervoer is.
Emer-G-Med se paramedici is Sondag ongeveer 16:30 na die toneel ontbied van ‘n botsing waarby ‘n swaardiensvoertuig op die R21 in Pretoria-Oos betrokke was.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



