Vrou nege jaar later op dieselfde plek op Google Maps

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma het haar eie “glitch in the Matrix” ervaar toe sy op Google Maps se kameras, nege jaar uit mekaar, twee keer op presies dieselfde plek afgeneem is.

Leanne Cartwright se man het vir haar die skermgrepe gestuur waarin sy twee keer op presies dieselfde plek staan en deur Google afgeneem is.

Die 41-jarige vertel sy was geskok om haarself nege jaar uit mekaar op dieselfde plek te sien.

Die eerste foto is in April 2009 geneem en die tweede in Augustus 2019.

Sy vertel sy is al met ‘n tydsreisiger (time traveller) vergelyk ná die “een uit ‘n biljoen” toeval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel