Van KwaZulu-Natal se raadslede is 300 glo ongeletterd en kan glad nie lees of skryf nie.
Daarby het slegs 34% van die raadslede net een jaar werksondervinding.
Die VF Plus beskou die hoë vlak van ongeletterdheid van talle raadslede in KwaZulu-Natal (KZN) as skokkend.
Dit laat die vraag ontstaan tot welke mate die raadslede positief tot dienslewering in dié provinsie kan bydra.
KZN se departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) het ʼn kundigheid-oudit by 54 munisipale rade gedoen.
Die VF Plus is oortuig daarvan dat hierdie raadslede nie opgewasse is vir die komplekse taak om die munisipale omgewing met al die tersaaklike wette en regulasies te verstaan nie en daarom nie in staat is om dienslewering te lewer of die regerende party in stadsrade verantwoordbaar te hou nie.
Dit is duidelik dat minimum vereistes vir raadslede daargestel moet word om te verseker ʼn verkose raadslid kan sy of haar werk doen sodat dienslewering kan plaasvind en die belastingbetaler se geld nie vermors word nie.
Die VF Plus stel streng vereistes vir die keuring van kandidate wat dié party verkiesbaar stel as raadslede.
Daarom gaan die VF Plus met KZN se Cogta skakel om vas te stel hoe die probleem aangespreek gaan word.



