Genoeg vir ses mense!
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 1½ uur
Bestanddele:
6 groot aartappels
olie vir bedekking
sout en peper
6 spekvleisrepe
15 ml (1 e) botter
100 g sampioene, in skywe gesny
40 g botter
45 ml (3 e) meel
250 ml (1 k) melk
100 g spinasie, gekap
’n handvol pietersielie, gekap
30 ml (2 e) gerasperde wit cheddar
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
2. Prik die aartappels met ’n vurk. Giet ’n bietjie olie in jou hande en vryf die aartappels om hulle met die olie te bedek. Plaas die aartappels op ’n bakplaat en bestrooi met sout en peper. Bak 90 minute.
3. Vulsel: Braai die spekvleis in ’n pan oor matige hitte tot goudkleurig en sit eenkant. Braai die sampioene in dieselfde pan.
4. Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte, voeg die meel by en klits tot ’n gladde pasta vorm. Giet die melk stadig in terwyl jy roer tot glad. Voeg die spinasie, spekvleis, sampioene, pietersielie en kaas by.
5. Wanneer die aartappels gaar is, sny ’n kruis bo-in elkeen en druk elke aartappel oop. Skep die vulsel in die holte waar die kruis gemaak is.
Bron: Carmen Hendricks
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



