Kinders in kleuterskole van die Sowjetunie moes vroeërjare middagslapies buite neem.
Hoekom moes hierdie kleuterskole se kinders buite in die sneeu slaap?
Buite in die sneeu slaap het na bewering die immuunsisteem te versterk.
Dit is nie ‘n mite of sinsbedrog nie. Kinders moes werklik gedurende hul slaaptyd by die kleuterskool, selfs in die winter, in die vars buitelug slaap.
Dit was ‘n algemene gebruik.
‘n Medies goedgekeurde USSR-dokument met die naam “Sanitary rules and regulations for kindergartens” wat dateer van 1985 verklaar dat kinders gereelde toegang tot vars lug moes hê.
Kleuterskoolgeboue moes nie minder nie as twee keer ‘n dag vars lug kry en kinders moes gereeld buite stap en speel.
Daar is toegesien dat kinders warm moes aantrek in die koue, maar dit moes nie oordoen word nie. Slegs wanneer die temperature onder -4 grade Celsius geval het moes hulle winteroorjasse aantrek.
Hulle het egter nie deur die nag fisies buite geslaap nie.
Die gebruik is hedendaags steeds om met oop vensters of buite te slaap, al is dit koud. Vars lug bly immers goed vir die gesondheid.


Bronne: Russia Beyond en Reddit
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



