Mvumisi Tshonephi (26) was op pad na sy vriend se huis in Langa toe hy glo in die bors met ‘n mes gesteek is.
Sy ma, Nombonisi, het vertel sy glo haar seun is vermoor omdat hy gay is. Sy het vertel die laaste wat sy van hom gehoor het was hy op pad na ‘n vriend se huis en toe word sy net ‘n paar uur later gebel en gesê haar seun is in die hospitaal.
Toe sy daar aankom, wou dokters haar glo nie toelaat om hom te sien terwyl hulle aan hom werk nie en sy is net ingelig dat hy dood is.
Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, het bevestig die polisie is besig om ‘n moordsaak te ondersoek.
Nog niemand is gearresteer vir die moord nie.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Romay van Rooyen moordverdagte is glo haar kleinneef



