Ma dood aangetref, buurvrou in hof na baba vermis is

Deel hierdie storie / Share this story

Abongile Dorotile (35) is Dinsdag 20 September dood in haar huis in Enkanini, Kayelitsha, Wes-Kaap gevind.

Haar babaseun van vier maande was vermis.

Sy is op die 18de September vir die laaste keer lewendig deur familie gesien.

Nadat hulle nie kontak met haar kon maak of haar iewers opgemerk het nie, het haar suster Nomvuyiso Dorotile einde ten laaste na haar huis gegaan, ingebreek en op haar liggaam afgekom.

Sy was gesig ondertoe op haar bed gevind. ‘n Hoop komberse was bo-oor haar gestapel.

“Ons was op die punt om haar as vermis aan te meld toe ons dink om seker te maak dat sy nie tuis is nie. Ons het die deur oopgemaak en sy was in die bed…ek het haar geroep, maar sy het nie geantwoord nie”

“Haar liggaam was so koud, en toe ek na haar gesig kyk, het ek gesien dat haar tande bloederig is en haar oë effens oop. Ek het dadelik die komberse teruggetrek om te kyk of haar seur daar was, maar hy was nie.”

Dit is tydens hierdie gru-ontdekking wat die familie gevind het dat die vier maande oue baba, sy klere en sy kos vermis is.

Na bewering het Anbongile haar familie die vorige week vertel dat die pa van haar kind, wat haar kêrel was, haar glo mishandel.

Die polisie het onverpoosd na die baba gesoek en ‘n oproep het hulle glo Saterdag 26 September na ‘n huis in Qgeberha, 700 km weg van sy ma se huis, gelei na waar die baba opgemerk was.

Familielede van Abongile het bevestig dat die gearresteerde ‘n buurvrou is wat glo altyd na die baba omgesien het. Abongile was gaande oor haar.

Sy het glo vir die familie gesê Abongile het die baba kom haal voordat sy vermis geraak het.

Nomvuyiso, Abongile se suster, sê dat polisielede die huilende baba onder die bed van die oppasser gevind het.

Sers. Nosiphiwo Mntengwana, polisiewoordvoerder van Harare, het die arrestasie bevestig. Hy het verder gesê dat die baba en die beweerde verdagte Maandag 26 September na Kaapstad vervoer sou word en dat daar ‘n moontlikheid was dat nog klagtes by dié van ontvoering gevoeg kan word.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het bevestig dat die vrou Maandag na Kaapstad gebring is, aangekla is vir ontvoering van die baba en op die 27ste in die Kayelitsha-landdroshof verskyn het.

Sy word nie aangekla vir die moord op Abongile nie.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen vir die dood van Abongile.

Op die 2de September het Abongile ‘n Facebook-plasing gemaak wat ‘n moontlike probleem kon aandui.

Bronne: SAPS, Ian Cameron, Abongile Amanqana Dorotile Fb, Cape Town Tribune, Eyewitness News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel