Kyk die skokkende oomblik toe daar vandag by ‘n laerskool in KZN geskiet word

Deel hierdie storie / Share this story
Videokrediet: Yusuf Abramjee

Yusuf Abramjee het die video op Twitter gedeel.

Daar kan duidelik gehoor word hoe die skote klap, ‘n stem bevele uitroep en kinders skree.

Kleiner kinders op die video kan gesien word waar hulle net gedweë staan en rondkyk en nie registreer wat aangaan of weet hoe om op te tree nie.

Dit is eers wanneer volwassenes intree wat hulle van die gevaar begin wegbeweeg.

Volgens die plasing is ‘n sekuriteitswag gewond en een verdagte gearresteer.

FiND iT Nuus het uitgereik na die polisie in Kwa-Zulu Natal vir meer besonderhede oor die voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel