VIDEO: Dokter in hegtenis wat glo met binneaarse medikasie peuter

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Dokter is in hegtenis geneem en tans in aanhouding na hy glo gepeuter het met binneaarse medikasie by die betrokke hospitaal.

Die 59-jarige dr. Raynaldo Rivera Ortiz van Texas is tans in die Dallas County-gevangenis op aanklagte van die moord op Melanie Kaspar (55).

Ortiz en Kaspar was kollegas by Baylor Scott & White Surgicare.

Kaspar is dood minute na sy haarself aan ‘n drupsakkie gekoppel het wat sy van die huis af gebring het om haar dehidrasie te behandel.

Die Texas- mediese raad het verlede week in ‘n verklaring gesê Ortiz se lisensie is tydelik opgeskort na beeldmateriaal waar hy peuter met drupsakkies aan die lig gekom het.

Daar was ook verskeie pasiënte wat sedert Mei tot Augustus vanjaar vreemde, lewensgevaarlike komplikasies ervaar het.

Na Kaspar se dood en nog ‘n pasiënt se reaksie op die medikasie, is die drupsakkies ondersoek. Daar was glo klein gaatjies in en die pynmedikasie bupivacaine was teenwoordig.

Owerhede ondersoek die saak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel