Man van Mitchells Plain sterf na hy drie tieners red

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van Mitchells Plain is oorlede na hy drie tieners wat in ‘n stroom (rip current) by Mnandi-strand beland het, gered het.

Die man, geïdentifiseer as Reza Yon (48), het met ‘n lyfplank in die water gespring toe hy agterkom die tieners is in die moeilikheid.

Arno Constance, van NSRI Strandfontein, het vertel dat hulle 14:45 Sondag uitgeroep is na ‘n verdrinking.

Toe hulle daar aankom, het hulle twee tieners gekry wat ‘n lyfplank gebruik om te dryf. Hulle was hipotermies en in skok.

Terwyl hulle die tieners gehelp het, het hulle gesê hulle ander vriend het tot by die strand gekom terwyl ‘n man hulle gehelp het, maar hulle weet nie waar die man is nie.

Yon het die drie tieners sy lyfplank gegee voordat hy self in die moeilikheid beland het en verdrink het.

Yon is op die toneel dood verklaar.

Die tieners (twee is 13 en een 14) is behandel vir hipotermie en skok en huis toe gestuur.

Bronne: IOL, Ghanamma, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 18-jarige verdagte in moord op Romay van Rooyen is glo familielid