Twee in hof oor ‘onwettige verkoop van steroïede’

Deel hierdie storie / Share this story

Christiaan Jacobus Roode (38) het homself Dinsdagoggend aan die polisie oorhandig na die inhegtenisname van Jean Stemmet (24) Maandag.

Zinzi Hani, polisiewoordvoerder, sê die Valke het die 24-jarige Stemmet in die Strand-area in hegtenis geneem. Hy is daarvan aangekla dat hy die wet op medisyne en verwante middels oortree het.

‘n Lasbrief is uitgereik om Roode se winkel te deursoek. Die polisie het vasgestel dat hy nie die nodige dokumente het om die middels wat daar verkoop word, te verkoop nie.

Volgens Hani het die polisie ‘n groot hoeveelheid steroïede en kontant gekonfiskeer.

Die twee is op R5 000 en R10 000 borgtog vrygelaat en sal op 31 Oktober weer in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel