Het jy geweet die Wêreld-baard-en-snorkampioenskappe is ‘n groot ding?

Deel hierdie storie / Share this story

Dames, wat dink julle hiervan?

Kyk na die foto’s van deelnemers aan hierdie gesogte, of vergesogte kompetisies.

Hierdie kompetisies word regoor die wêreld aangebied en soos gesien kan word, is dit ‘n kweking wat oor ‘n tydperk moet plaasvind.

Daar word voorsiening gemaak vir kategorieë van vol baarde, gedeeltelike baarde, snorre, en enige tipe vals baard.

Vrouens en kinders word ook genooi om deel te neem.

Die Amish-baardkompetisie, wat uit lede van 60 klubs bestaan, vind in jare met gelyke nommers plaas.

Daar is verskeie Instagram- en Facebook-bladsye waar hierdie bebaardes spog.

Indien ons lesers ook aan soortgelyke kompetisies deelneem of net baarde en snorre vir die pret kweek of om ‘n spesifieke rede, deel asseblief ook jou foto’s met ons.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel