Skoonwaterdam in Jagersfontein loop oor en saai paniek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Damwal by Dam 10, wat ‘n skoonwaterdam in Jagersfontein in die Vrystaat is, het vroeër ‘n kraak in gehad wat herstel kon word.

Dit blyk asof die gekraakte dam slegs oorgeloop het van 10 mm reën wat in die gebied geval het.

Modder word tans weggeskraap op die pad langs Charlesville om dit weer oop te stel vir verkeer.

Die fout is volgens Great Karoo Facebook-blad vinnig genoeg raakgesien en sodoende is nog ‘n ramp afgekeer.

Xolani Tseletsele, die burgemeester van Kopanong het volgens beriggewing gesê dat nog ‘n myndamwal by Jagersfontein-myn meegegee het.

Tseletsele sê vroeëre swaar reënbuie in die gebied kon die die oorsaak wees.

Die water loop tans deur die woongebied van Charlesville en die plaas van Dennis Louw.

Die roete R706 naby Charlesville is gesluit en motoriste word aangeraai om ‘n alternatiewe grondpad-roete te gebruik deur Fauresmith om toegang tot Jagersfontein te kry.

Die polisie herlei tans verkeer om die toneel.

Tseletsele het ongeveer ‘n uur terug die volgende plasing op sy Facebook-blad gemaak: “God, why during my time.”

Twee weke gelede het FiND-iT Nuus berig hoe slik met ‘n vernietigingstog deur die dorp gevloei het en chaos gelaat het met lewensverlies van mens en dier, vermiste mense was soek en infrastruktuur het geweldige skade gelei.

Bron eNCA, Jana Marx, Free State World en Great Karoo Facebook-blaaie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel