Die voormalige Australiese branderplankryer Chris Davidson is oorlede nadat hy buite ‘n kuierplek geslaan is.
Volgens die polisie is hy in die gesig geslaan en het geval, wat veroorsaak het dat hy sy kop gestamp het. Hy is op die toneel behandel, maar is later in die hospitaal oorlede.
‘n Man (42) is gearresteer en van aanranding wat lei tot die dood aangekla. Die man se borgaansoek is afgekeer en hy sal in November in die hof verskyn.
Die polisie het nog geen verdere inligting oor die voorval vrygestel nie.
Bronne: BBC, The Star
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Beurtkrag gaan dié week voort



