Twee honde het gesterf na hulle deur ‘n swerm bye in KwaZulu-Natal aangeval is.
Prem Balram, van Rusa, het gesê die voorval het by ‘n huis in Redlcliffe in Verulam plaasgevind. Balram het gesê Rusa is gebel vir hulp deur die honde-eienaars se buurman.
Balram het gesê toe beamptes by die huis kom, het hulle gevind dat ‘n swerm bye twee honde aanval. ‘n Beampte het die honde weggekeer, maar altwee het gesterf.
Die huiseienaar, sy dogter en die beampte is ook deur die bye gesteek, maar het nie mediese hulp nodig gehad nie.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Dept. van gesondheid ondersoek dood van Zim-vrou in Krugersdorp-hospitaal



