Video: The Kiffness samel R1,23 m. in vir humanitêre hulp in Oekraïne

Deel hierdie storie / Share this story
Video The Kiffness

The Kiffness (David Scott), ‘n musikant van Kaapstad, het in Maart ‘n Oekraïense folk-lied verwerk en skenk nou die inkomste daarvan vir humanitêre hulp in Oekraïne.

Die tradisionele lied is oorspronklik in Maart deur Andriy Khlyvnyuk gesing waar hy in weermaguniform staan.

The Kiffness het dit raakgesien en verwerk. Op 4 Maart het hy in ‘n Twitter-plasing gesê Khlyvnyuk, die voorsanger van Boombox, ‘n Oekraïense musiekgroep, het ‘n toer na die VSA gekanselleer om vir sy land te veg.

The Kiffness se verwerking van die lied Oy U Luzi Chervona Kalyna is deur die twee die Ukrainian Folk Song Army Remix herdoop deur die Kyivness.

Dit het viraal geraak en is ‘n allemintige 12 miljoen keer op YouTube gekyk en ‘n inkomste van R1,23 miljoen ingewin.

Op 26 Maart plaas hy hierdie video waarin Oekraïense figuurskaatsers Oleksandra Nazarova en Maksym Nikitin by die Wêreldfiguurskaatskampioenskappe deelneem op die verwerking van Oy U Luzi Chervona Kalyna.🇺🇦❤️

“Hou asseblief Andriy Khlyvnyuk (die voorsanger van Boombox (Бумбокс) en die sanger van hierdie lied) in jul gedagtes en gebede. Hy was onder vuur in Kijif vanoggend en is in sy gesig gewond, maar hy is positief. Here, seën Oekraïne en sy mense.” #StandWithUkraine het hy bygevoeg.

Verwerkings van die Johnny Depp-saak en president Bheki Cele se “Sjarrap” kan ook op The Kiffness se sosiale media gesien word.

Hy vertrek eersdaags na Duitsland vir konserte.

Fotokrediet The Kiffness
Fotokrediet The Kiffness

Bron The Kiffness

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel