Rugbyafrigter, belowende rugbyspelers en neef naweek begrawe

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pa en sy twee seuns, saam met hul neef, is op 10 September op pad na ‘n rugbywedstryd in ‘n motorongeluk op pad na Gouda, Wes-Kaap, oorlede.

Albert Billings (47), Peter-Jacques Billings (26), Albert Jr. (19) en hul hul neef, Kean Alexander (20), was gewild op Wellington en omliggende gebiede se rugbygemeenskappe.

Neef Kean is Saterdag begrawe en die Billings-mans Sondag.

Albert was ‘n afrigter en die seuns almal talentvolle spelers.

Albert Sr. se beste vriend Alastair Claassen, het sy hartseer op Facebook uitgestort en gesê: “Jou dogter bly vandag agter, en ek is eerlik, ek weet nie wat ek haar gaan sê nie. Ek kan nie indink hoe een mens met soveel hartseer moet sit nie.”

Juliet Billings het in April die stryd teen kanker verloor nadat sy op 4 Desember 2019 met fase 4-borskanker gediagnoseer is. Op 4 Desember 2020, ‘n jaar na haar diagnose, het sy die volgende op haar Facebook-blad gedeel: “Grootste lewensles: Wanneer jy dit verloor wat geld nie kan terugkoop nie, besef jy hoe onbelangrik en van min waarde dit is.”

Wanneer jy kyk na die plasings op Peter-Jacques se Facebook-blad is dit al sy rugbyfoto’s en die feit dat beserings hom nie ondergekry het nie, wat jou laat besef die familie het vir rugby en mekaar geleef.

Albert Jr. was genooi om Desember 2021 aan die o/19 sewes rugbytoernooi in Dubai deel te neem. Hy het reeds in Laerskool Florida ‘n vol beurs ontvang, waarna Hoërskool Florida hom ook met ‘n vol beurs genader het oor sy talent, maar as gevolg van sy ma se kankerdiagnose het hy besluit om sy skoolloopbaan by Hugenote op Wellington te voltooi.

Van die Billings-gesin is nou net Angelique oor.

Volgens die Son kon die oorledenes as gevolg van die grusaamheid van die ongeluk nie aan ‘n lykskouing onderwerp word nie.

Fotokrediet Albert Sr. Billings en Eon Alexander
Fotokrediet Cloete en Seuns Funerals
Fotokrediet Albert Sr. Billings

Bronne: Son Koerant, Wellingtoners en Billings / Alexander-familie Facebook-blaaie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel