Liefie vra vir Liefie op die rugbyveld om te trou

Deel hierdie storie / Share this story

Liefie het dadelik vir Liefie ja gesê.

Volgens Lize-Mari van der Merwe kan sy nie haar verloofde Rikus van Zyl normaalweg op sy naam aanspreek nie. So wanneer sy hom tydens rugbywedstryde ondersteun, skree sy altyd vir “Liefie.”

Rikus se spanmaats en ander ondersteuners het hom ook “Liefie” begin noem.

Rikus speel senter vir die Luiperds se Platteland-span en het verlede Saterdag na afloop van ‘n wedstryd teen die Valke op sy knieë gegaan en die groot vraag in die teenwoordigheid van sy spanmaats aan Lize-Mari gevra.

Lize-Mari het nie geweet dat hy haar sou vra nie, maar het wel ‘n vermoede gehad toe sy na die rugbyveld geneem is.

Die twee het in hul matriekjaar begin uitgaan en Rikus sê vyf jaar later Lize-Mari is sy grootste ondersteuner. Van hoërskool af het sy ál sy tuiswedstryde bygewoon.

Lize-Marie studeer biokinetika en hul gesels gereeld oor rugby.

Op ‘n vraag of hulle op Loftus gaan trou. het hul genoem beide is Blou Bulle, maar volgens Rikus is dit darem ‘n bietjie vergesog.

Bron: Dustin Wetdewich, Potchefstroom Herald.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel