‘n Vrou (39) van Kaapstad se liggaam is vanoggend uit die water by Central Beach gehaal na ‘n haaiaanval.
Craig Lambinon, woordvoerder vir die Bitou-munisipaliteit, sê strande op Plettenbergbaai is toegemaak ná die haaiaanval wat vanoggend omstreeks 07:53 plaasgevind het.
Die seereddingsboot Eric Stratford is uitgestuur om die vrou se liggaam uit die water te haal.
Sy was na bewering saam met haar man en kind toe die voorval plaasgevind het.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



