Vyf vermeende onwettige myners vas na skietery op polisie

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Boksburg het Vrydagoggend vroeg vyf vermeende onwettige myners in hegtenis geneem.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die polisie het in die vroeë oggendure op die groep “onwettige myners” toegeslaan.

Die polisie het inligting ontvang oor die onwettige myners wat glo met ongelisensieerde vuurwapens gewapen was.

Die myners het met die polisie se aankoms op hulle begin skiet.

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem, waarvan twee tydens die skietery gewond is.

Ammunisie van ‘n R5, jaggewere en ‘n haelgeweer wat aan ‘n huisroof in Klerksdorp gekoppel is, is gekonfiskeer.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel