Die polisie het Woensdag en Donderdag toegeslaan op winkels in Dennilton, Marble Hall, Nebo en Jane Furse ná hulle inligting ontvang het oor beweerde nagemaakte goedere.
Kapt. Matimba Maluleke, polisiewoordvoerder, sê die polisie het vyf winkels deursoek ná die Valke inligting ontvang het oor die winkels wat nagemaakte goedere verkoop.
Bokse vol nagemaakte Anchor Yeast en Gold Star Yeast ter waarde van meer as R20 000 is gekonfiskeer.
Die eerste drie verdagtes, Fekele Oold Anulo (21), Ayolo Waje (31), en Muhammad Ali (29), het Donderdag in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding.
Die ander drie verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



