Die voormalige minister van justisie in China, Fu Zhenghua, is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis omdat hy omkoopgeld aanvaar het.
South China Morning Post berig Wang Like, wat in beheer was van politieke en wetlike sake in die Jiangsu-provinsie, is ook lewenslange tronkstraf opgelê vir dieselfde oortreding.
Fu (67) en Wang (57) het beide doodstraf gekry wat na lewenslange tronkstraf verander is.
Fu was adjunk-hoof van die Ministerie van Openbare Veiligheid voor hy in 2018 minister geword het.
Hy het in Julie erken dat hy omkoopgeld van meer as 117 miljoen yuan (ongeveer R290 m.) aanvaar het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



