Eric Ntabaxalila, woordvoerder vir die NVG (Nasionale Vervolgingsgesag) in die Wes-Kaap, het bevestig dat Dimpho ‘n klerk by die Caledon-landdroshof was.
Meer skokkend is dat sy by die afdeling vir gesinsgeweld gewerk het.
Ntabaxalila sê sy is nege keer na bewering deur haar eks-kêrel gesteek. Hy is vir moord aangekla en die saak is op die rol vir vandag om ‘n provinsiale datum vas te stel.
Dimpho se liggaam is Sondagoggend 6 September deur ‘n buurman ontdek, nadat hy ondersoek ingestel het omdat haar alarm bly afgaan het.
Skelenge het glo weggestap van ‘n gewelddadige verhouding, maar Wiseman Ndara (34), haar eks-kêrel, het haar met blomme en wyn gevolg. Sy het in ‘n bloedbad gesterf.
Tee Ka Tshungy, ‘n vriend van Dimpho, het ‘n plasing gemaak wat die ironie van die moord die hardste uitspreek.
“Wat die ergste is, is dat ons in die diepte van ons harte geweet het dat hierdie moontlikheid met haar kon gebeur! Die realiteit is verby woorde! Ouens, ons het aangegaan oor hierdie ‘pshyco sithukise’ namens haar. Met tye het ons ‘n grap gemaak en gesê ons gaan nog sê ‘Justice for Dimpho’.
“Waar is ons nou?? Net daar!!”
Indien jy deur dieselfde situasie gaan of weet van iemand wat in ‘n soortgelyke situasie is wat hulp nodig het, moenie huiwer om hulp te kry nie.
Elke polisiestasie het ‘n krississentrum of toegewysde spasie om slagoffers van geweld by te staan. (Victim Friendly Rooms)


Lees meer hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



