Die Total Ninja-hindernis-en-opblaaspark open in November in Stoneridge Johannesburg.
Kaapstad het reeds ‘n bestaande Total Ninja-park.
Indien jy ooit ‘n program van die Total Ninjas-reeks op televisie gekyk het, weet jy dat hierdie park nie vir sissies is nie.
Vir die waaghalsigstes en adrenalienverslaafdes onder ons is hierdie hindernis-en-opblaaspark dalk net die avontuur vir jou alleen, vir familie-aktiwiteite, vir groep-aktiwiteite, fikstes of net vir die pret.
Al die aktiwiteite vind onder toesig plaas.
Volgens die Total Ninja-webtuiste kan jy oor verskillende hindernisse klim, balanseer, spring en swaai.
Jy kan ook verjaarsdagpartytjies daar hou.
Volg die Total Ninja Facebook-blad om op hoogte te bly van al die inligting, of besoek die webtuiste by https://totalninja.co.za/
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



