‘n Verkeersbeampte (42) is Woensdagoggend aan diens op die R75 naby Kwadwesi doodgeskiet.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê drie provinsiale verkeersbeamptes, twee vroulik en een manlik, was besig met hul daaglikse pligte by ‘n beheerpunt toe vier verdagtes op die manlike beampte afgestorm het. Hulle het sy vuurwapen afgevat en toe een vroulike beampte reageer het op wat gebeur het, is sy in die bors geskiet.
Haar vuurwapen is ook afgevat en die verdagtes het te voet gevlug.
Die naam van die beampte is nog nie bekendgemaak nie.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en roof.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



