Pierre de Vos: ‘My Twitter-profiel was ‘gehack’

Deel hierdie storie / Share this story

AfriForum Jeug het gister strafregtelike klagtes teen Pierre de Vos by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien nadat daar glo kinderpornografie op sy Twitter-profiel geplaas is.

In die plasing wat op 11 September op De Vos se profiel verskyn het, kon daar gesien word hoe ’n jong seun seksueel misbruik word deur ’n volwasse man. Die klag wat die jeugorganisasie vandag ingedien het, is in ooreenstemming met afdeling 19A(4) van die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) Wysigingswet (32 van 2007), asook die bepaling teen die verspreiding van kinderpornografie in die Film- en publikasiewet (65 van 1996, soos gewysig).

“Ons vertrou dat die SAPD die klag deeglik sal ondersoek, aangesien dit onaanvaarbaar is dat ’n prominente figuur homself moontlik skuldig maak aan sulke gruweldade sonder ’n deeglike ondersoek. Kinderpornografie dra by tot die kinderhandelindustrie wat ’n toenemende probleem in Suid-Afrika is. Ons kan dus nie voorvalle soos dié ignoreer nie,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

Pierre de Vos het intussen op sy Twitter-profiel gesê dat sy profiel deur kuberkrakers oorgeneem is en dat dit nie hy is wat kinderpornografie getwiet het nie.

Hy het die plasings intussen verwyder.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel