Dwelmhandelaar sewe jaar gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 28-jarige dwelmhandelaar het ‘n vonnis van sewe jaar gekry ná haar inhegtenisneming by die Kaapstad- internasionale lughawe.

Valke-woordvoerder in die Wes-Kaap, Zinzi Hani, sê Cavalcante Amarante is betrap met kokaïen en heroïen ter waarde van R870 000 wat in skoene en bagasie versteek was.

Sy het van Sao Paulo, Brasilië, na Kaapstad gereis toe sy in hegtenis geneem is.

Amarante is ingevolge die Wet op Dwelmhandel tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die handel in dwelms, waarvan sewe jaar opgeskort is.

Sy is in die Bellville-streekhof gevonnis nadat sy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel