Vermiste meisie se liggaam naby skool gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van die 17-jarige Jehaan Petersen van Hanoverpark, wat ongeveer twee weke gelede deur haar familie as vermis aangegee is, is Sondag 11 September in ‘n oop veld naby Crystal High School gekry.

Fotokrediet Keep The Energy Facebook-blad

Die “Keep The Energy”-Facebookblad het gedeel dat Jehaan vir ’n paar dae vermis was voordat sy gekry is.

“Sy is verwurg en haar gesig was met ‘n sementblok ingeslaan.”

Yaseen Johar van die gemeenskapspolisiëringsforum het bevestig ’n manlike verdagte (33), wat aan die gemeenskap bekend is, is in hegtenis geneem. Hy het glo in Stockroad in Philippi weggekruip.

Sers. Wesley Twigg, provinsiale polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat ‘n meisie van 17 jaar oud se liggaam Sondagmiddag ongeveer 15:00 in ‘n oop veld in Greenturfstraat, Hanoverpark, ontdek is.

Philippi-polisie het na die misdaadtoneel uitgegaan waar lede die slagoffer met oop wonde aan haar liggaam en kop gevind het.

Sy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die motief vir die aanval moet nog vasgestel word. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

In die verklaring sê sers. Twigg ‘n onbekende verdagte/s het van die toneel gevlug en dat enige persoon met inligtingoor hierdie insident die ondersoekbeampte, speurdersersant Ayanda Tolbaard, by 073 532 3865 kan kontak, of altenatiewelik Crime Stop by 08600 10111.

Die verdagte het na verwagting vandag in die Athlone-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel