Vier in hof op aanklagte van tenderbedrog

Deel hierdie storie / Share this story

Vier beskuldigdes, Norton Carld Howard (43), Charles Moses Howard (56), Jezeral Selvin (39) en Kenshia Charlene Howard (36) het vlugtig in die Kuruman-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog.

Kapt. Tebogo Thebe, woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, sê daar word beweer dat Norton Howard gedurende April 2010 Kallies Business Enterprise CC-geloofsbriewe op bedrieglike wyse gebruik het om te bie vir ‘n tender wat deur Anglo American geadverteer is, naamlik Kathu Khumba Iron Ore. As gevolg van wanvoorstelling is die tender vir aanleginstandhouding aan hom toegeken.

Daar word verder beweer dat hy in Augustus 2018 ‘n wanvoorstelling aan CIPC gemaak het. Hy het nog ‘n bedrieglike resolusie by CIPC ingedien dat die lede van Kallies Enterprise bedank het. Gevolglik is die lidmaatskap van die beslote korporasie gewysig waar die pa en broers en susters van die verdagte as nuwe lede van die entiteit bygevoeg is. Die nadeel vir die klaer is R61 miljoen.

Norton is borgtog van R50 000 toegestaan, terwyl die ander beskuldigdes elk op borgtog van R30 000 vrygelaat is. Die saak is tot 3 November 2022 vir verdere ondersoek uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel