Lykskouing van baba in koelsak op Hartenbos voltooi

Deel hierdie storie / Share this story

Die lykskouing van die baba wat op Dinsdag 13 September in ‘n koelsak op die strand by Hartenbos gevind is, is voltooi.

Die polisie se kommunikasiebeampte, kapt. Malcolm Pojie, sê die gevorderde stadium van ontbinding maak dit tans moeilik om die baba se geslag of ras te bepaal.

Pojie sê ‘n verbyganger het om ongeveer 10:00 op die liggaam afgekom.

Die liggaam is in ‘n pienk lap toegedraai, waarna dit ook in ‘n Pick n Pay-inkopiesak en ‘n swartsak toegedraai is.

Die koelsak, wat by die Hartenbos-riviermond uitgespoel het, het kleurvolle patrone.

DNS-monsters is van die baba se liggaam geneem om ontleed te word om die moontlike ouderdom en geslag te bepaal,” sê Pojie.

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak, AO Marizaan du Plessis, van die Da Gamaskop-polisiestasie by 079 879 9003 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel