Aartappelpakkies op die kole

Deel hierdie storie / Share this story

Genoeg vir ses mense.

Braaidag (Erfenisdag) is om die draai! Hier is solank ‘n lekker resep vir aartappelpakkies op die kole.

JY BENODIG:

1 kg aartappels, geskil
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 groot uie, in ringe gesny
1 pakkie bruinuiesop
1 k room
sout en varsgemaalde swartpeper
2 k cheddarkaas, gerasper

SO MAAK JY:
Kook die aartappels halfgaar en sny dit in skywe.
Skeur foelie in 12 stukke van 20 x 30 cm elk. Sit twee lae op mekaar en vorm ’n bakkie.
Skep ewe veel aartappel, knoffel en uieringe in elke bakkie. Roer die soppoeier deur die room en geur dit met sout en peper.
Gooi dit oor die aartappels en sprinkel kaas oor. Vou die foelie toe – die pakkie moet goed verseël wees.
Bak die aartappelpakkies vir 20-30 minute op ’n rooster op matige kole. Kyk dat daar heeltyd genoeg warm kole is.
Toets met ’n mes of die aartappels gaar is.
Sit vir elke gas ’n pakkie op ’n bord.

Bron: BERNICE VAN DER MERWE
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK