Die 32-jarige Daniel Wagenaar is Vrydag 16 September in die Nelspruit-streekshof op sewe aanklagte van huisbraak en diefstal skuldig bevind.
Hy het op 6 Maart by die Valke-kantore in Mbombela ingebreek.
Kapt. Dineo Sekgotodi, polisiewoordvoerder, sê Wagenaar is met vingerafdrukke aan die toneel gekoppel.
Wagenaar het drie dae ná die inbraak versuim om in die hof te verskyn vir twee ander sake. Hy is op dieselfde dag in hegtenis geneem na die Valke ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname bekom het.
Die saak is nou tot 14 Oktober uitgestel vir ‘n voorvonnisverslag.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



