Een dood toe voertuig ontplof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is dood en nog een beseer toe ‘n voertuig Maandag in die Primrose-area ontplof het.

Emer-G-Med sê paramedici is ongeveer 11:00 Maandagoggend na die toneel ontbied.

Een persoon is op die toneel dood verklaar en ‘n tweede man is in ‘n kritieke toestand op die toneel gevind. Hy is op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Emer-G-Med sê verslae dui daarop dat daar ‘n plofbare toestel in die voertuig waarin die mans gery het, was.

Die polisie ondersoek die saak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel