Twee van koningin Elizabeth se geliefde corgi’s het Maandag harte geraak toe hulle haar kis ingewag het om “vir haar totsiens te sê”.
Koningin Elizabeth is Maandag ter ruste gelê.
Muick en Sandy, haar twee corgi’s wat sy in 2021 geskenk gekry het toe haar man, prins Philip, in die hospitaal was, is gister afgeneem toe hulle by die Windsor-kasteel gewag het terwyl koningin Elizabeth se kis na die St George-kapel geneem is.
Koningin Elizabeth het ‘n groot liefde vir corgi’s gehad. Sy het in haar lewe 30 corgi’s besit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



