Chrissy Teigen het tydens ‘n onlangse onderhoud vertel sy het haar seun, Jack, nie deur ‘n miskraam verloor nie. Dit was ‘n aborsie om mediese redes.
Teigen, wat twee kinders met ‘n derde een op pad het by haar man John Legend, het in Oktober 2020 haar babaseun halfpad deur die swangerskap verloor.
In ‘n onlangse onderhoud met The Hollywood Reporter het Teigen vertel dat sy onlangs geskok is deur die besef dat sy nie ‘n miskraam gehad het nie. Sy het ‘n baba wat ”geen kans” op oorlewing gehad het nie, geaborteer.
Sy het vertel hulle het uitgevind Jack het geen kans gehad op oorlewing nie en dat sy ook sou sterf as hulle nie die aborsie laat doen het nie.
Sy het eers tot die besef gekom dat dit nie ‘n miskraam was nie toe Roe v. Wade omgekeer is.
Sy het gesê: “Ek het stil geword, vreemd gevoel dat ek dit nie so verstaan het nie. Ek het vir die wêreld gesê ons het ‘n miskraam gehad. Die wêreld het saamgestem dat ons ‘n miskraam gehad het, al die opskrifte het gesê dit was ‘n miskraam. En ek het regtig gefrustreerd geraak dat ek nie in die eerste plek gesê het wat dit is nie, en ek het dom gevoel dat dit my meer as ‘n jaar geneem het om werklik te verstaan dat ons ‘n aborsie gehad het.”
Bronne: IOL, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Zoeloe-koning se raadgewer glo vermoor



