President Cyril Ramphosa sal dadelik na die begrafnis van koningin Elizabeth II terugkeer na Suid-Afrika.
Die president kom terug om by die Eskom en fase-6 beurtkrag-krisis waaronder die land gebuk gaan, in te gryp.
“Die president sal nie langer vanaf Londen na New York reis nie. In plaas daarvan sal hy huis toe kom om die huidige fase-6 beurkrag te hanteer,” het Vincent Ngwenya, die presidensiële woordvoerder gesê.
President Ramaphosa het Sondagmiddag ‘n virtuele vergadering met relevante rolspelers gehad om vas te stel waarom soveel eenhede by Eskom buite werking is en wat gedoen kan word om die situasie onmiddellik op te los.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



