Saterdag, kort voor middernag het Wes-Kaap se nooddienste ‘n oproep ontvang van informele strukture wat in Imizamo Yethu brand.
Brandbestrydingspanne van Houtbaai, Constantia, Lakeside, Roeland, Seepunt, Brooklyn en Mitchell’s Plein het op die oproep reageer.

Die brand kon om ongeveer 03:00 deur die spanne beheer word, en was teen 07:00 uiteindelik geblus.
Die liggaam van ‘n onbekende persoon wat noodlottige brandwonde opgedoen het, is in die puin gevind.
Die toneel is om 07:50 aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig om die nodige ondersoek te doen.
Die brand het 105 informele strukture vernietig, wat 500 mense huisloos laat.
JP Smith, tussentydse adjunk-leier van die DA in die Wes-Kaap, sê verskeie NRO (nie-regeringsorganisasies) en ander departemente het begin om humanitêre en psigo-sosiale ondersteuning aan die gemeenskap wat geaffekteer is, te bied.

Bron: JP Smith
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



