Ten minste 21, waarvan 19 skoolkinders, in ongeluk dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ongeluk tussen ‘n vragmotor en ‘n bakkie, wat skoolkinders vervoer het, op die N2 buite Pongola in eMakhalathini, KwaZulu-Natal het minstens 21 mense se dood veroorsaak. Onder die slagoffers was 19 kinders tussen die ouderdomme van vyf en 12 jaar.

Kyk hier na die video van die ongeluk soos uitgesaai deur eNCA:

Dit blyk volgens die video asof die vragmotor ‘n ander vragmotor op ‘n dubbele soliede wit lyn verbysteek ..

Die vragmotor het die bakkie waarin die kinders vervoer is reg van voor getref.

Op die video kan gesien word hoe die bakkiebestuurder probeer uitswenk, maar ‘deur n padversperring gekeer word.

Sipho Hlomuka, KZN LUR vir Verkeer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, het volgens Kwanele Ncalane, woordvoerder vir die KwaZulu-Natalse departement van verkeer, sy hartseer uitgespreek oor die ongeluk wat soveel lewens geeïs het.

Die SAPD, paramedici en lede van die Padverkeersinspektoraat het onverpoosd op die toneel gewerk om diegene wat steeds vasgekeer was in die voertuie te bevry.

Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, word ondersoek.

Die LUR sal die ongelukstoneel na verwagting besoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel