Wally die krokodil is ‘n geregistreerde emosionele ondersteuningsdier

Deel hierdie storie / Share this story

Wally (7) is op 3 Januarie 2015 gebore en op 13 Desember 2018 geregistreer. Hy is ‘n emosionele- ondersteuningsdier van Joseph (Joie) Henney (69), vir solank as wat Wally bly lewe.

Joie het ‘n aansoekvorm op die U.S. Service Animals se webtuiste ingevul om die krokodil te kon registreer. Nadat sy aansoek goedgekeur is, het hy ‘n sertifikaat, wat nooit verval nie, saam met ‘n harnas ontvang.

Ja, hulle slaap in dieselfde bed en soms steel Wally Joie se kussing.

Fotokrediet Joie Henney

Hy hou van drukkies en wanneer hulle in die supermark is, deel hy dit graag uit aan diegene wat nie ‘n probleem met sy 35 kg grootte of vlymskerp tande het nie.

“Waneer hy sy neus na jou toe draai, beteken dit hy verwag ‘n soen,” sê Joie Henney.

Hulle gaan amper oral heen saam, na die supermark en onderneem na staptogte in die park.

Wanner hulle nie lus is om uit te gaan nie, hou hulle daarvan om op die bank te lê en televisie te kyk.

Wally het ‘n TikTok- en Instagram-blad. (wallygatornjoie)

Joie beveel aan dat jy nie ‘n krokodil moet aanskaf as jy nie weet wat jy doen nie.

‘n Vriend van Joie het hom in 2015 gebel en gevra of hy ‘n paar krokodille kan inneem wat in ‘n dam in Orlando gekry is.

Fotokrediet Joie Henney

Joie, wat dit nog altyd geniet het om na reptiele om te sien, het ingestem. Hy het vir ongeveer 30 jaar reeds krokodille, slange en iguanas gered en hervestig. Aanvanklik het hy drie ingeneem, waarna twee later na New York is en Wally agtergebly het.

Van die eerste dag af was iets anders toe Joie agtergekom het dat Wally hom nie probeer byt nie. Die krokodil het daarvan gehou om in sy arms te wees. Wally het hom soos ‘n hond in die huis begin volg.

Met die afsterwe van familieliede in 2017 het Joie in die hartseer tyd ‘n sterker band met Wally gevorm.

Wanneer Joie op die bank lê, sal Wally die kombers aftrek, Later sal hulle albei lê en Gator Boys kyk.

Fotokrediet Joie Henney

Gedurende ‘n diagnose van prostaatkanker was Wally die een wat Joie emosioneel bygestaan het en saam met hom gegaan het tydens radiasie-behandeling.

Toe Joie aan sy dokter noem dat Wally sy depressie help verminder ,het sy dokter aanbeveel dat hy hom as sy emosionele ondersteuningsdier registreer.

Bronne: The Washington Post en Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel