Kleuter en gruwelpop het hul eie Instagram

Deel hierdie storie / Share this story
Fotokrediet Brittany Beard

Brittany Beard, ma van Briar, ‘n driejarige kleuter van Florida VSA, het ‘n inskrywing op haar Facebook-blad gemaak nadat sy haar twee dogters na ‘n Spirit Halloween-winkel geneem het om inspirasie vir uitrustings te kry.

In die winkel het die kleuter ‘n Creepy Baby Doll raakgesien en aangedring om haar huis toe te neem.

Die pop het ‘n gekraakte vel, oë wat rooi gloei en die oulikste baba-giggellaggie wat in ‘n duiwelse lag ontaard.

Briar het vir haar ma gesê sy is die pop se ma en dat die pop haar nodig het.

(Kry die skakels vir twee Instagram-video’s aan die einde van die berig.)

Brittany sê sy is nie sommer een vir grillerigheid nie, maar dié speelding is die grillerigste wat sy nog ooit gesien het.

Briar het opsluit die pop Cloe gedoop en Brittany het dadelik die naam Creepy Cloe gegee.

Die ma klink of sy redelik gemengde gevoelens oor haar kind se keuse het. Sy sê sy voel om haarself te verduidelik wanneer vreemdelinge hulle aanstaar, maar aan die ander kant trek hulle onverwagte voordeel uit die pop wat haar 3-jarige orals heen vergesel.

Natuurlik trek die duo aan vir die geleentheid.

Met hul besoek aan Disney World het Brittany vir Briar ‘n Haunted Mansion-kostuum aangetrek sodat die pop nie te veel uit haar plek moes lyk nie.

Tot haar verbasing het Briar en Creepy Cloe aan hulle spesiale behandeling besorg.

Tydens ontbyt het Briar ‘n spesiale “spokerige” kolwyntjie by ‘n sjef wat self ‘n Halloween-entoesias is, gekry.

Hulle is daarna na die Magic Kingdom vir ‘n fotosessie.

Hierna was die Haunted Mansion aan die beurt waar hulle ekstra spesiaal behandel is, ‘n ry kon vryspring, personeelkwartiere besoek en Haunted Mansion Caretaker-sertifikate ontvang het. Daarna kon hulle dadelik ‘n pretrit onderneem sonder om soos die res van die besoekers te wag.

Brittany het die ondervinding op Instagram gedeel, maar nie gedink die plasing sal deur soveel mense raakgesien word en dat hul storie soveel keer gedeel sou word nie. Hulle moes onderhoude toestaan en daar het soveel berigte oor die kleuter en haar gruwelpop verskyn dat Brittany besluit het dat sy vir die twee hul eie Instagram-blad moes skep.

Hulle het as’t ware die internet oorgeneem en was selfs nommer een by People’s Magazine.

Jy kan self na die Instagram-blad gaan kyk: https://instagram.com/creepychloeandbriar?igshid=YmMyMTA2M2Y=

Fotokrediet Brittany Beard

Kyk hier na video’s van die kleuter en Cloe:

https://www.instagram.com/reel/CiTqV5uPOHY/?igshid=MDJmNzVkMjY=

https://www.instagram.com/reel/CiQ0KxzDRGS/?igshid=MDJmNzVkMjY=

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel