Kyk hier na die video oor die haarsny:
Die Aquaman-akteur, wat bekend is vir sy skouerlengte hare, het sy bewonderaars geskok deur sy hare te sny.

Maar alles was vir ‘n goeie doel: bewusmaking teen besoedeling van land en see.
Hy het die verandering op Instagram gedeel en verduidelik dat hy dit doen om mense aan te moedig om plastiek wat net een keer gebruik kan word uit hul lewens te sny.
“Aloha almal, so ons sny hare, en doen dit as gevolg van plastiek wat slegs een keer gebruik word,” het hy gesê terwyl die hare waai en toe vat hy aan aan die kant van sy kop en laat hoor “nooit die wind hier gevoel nie.”
“Ek is in nou in Hawaii, en om goed in die oseaan te sien, is so hartseer.”
“Ons moet stop. Plastiekvurke, en al die sh*t, dit gaan net in ons grond en oseane in. Dit is so hartseer, so asseblief, doen enigiets wat jy kan om enkelgebruikplastiek in jou lewe te elimineer.”
Momoa het blykbaar net so ‘n skok veroorsaak toe hy in 2019 sy baard afgeskeer het.
Hy het wel later nog foto’s gedeel waarin hy met sy nuwe voorkoms spog.

Bronne: Jason Momoa Prideofgypsies, CNN en Glamour
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



