‘n Internasionale span wetenskaplikes sê hulle het twee nuwe “super aarde”-planete ontdek, berig CBS News. Dié planete is ongeveer 100 ligjare weg van die aarde en een van dié planete is leefbaar.
Die byna 1 600 bekende super aardes is groter as die aarde, maar ligter as planete soos Uranus en Neptune.
Navorsers by die universiteit van Liège in België het Woensdag aangekondig hulle het nog ‘n “super aarde” ontdek.
NASA-satelliete het die planeet, LP 890-9b, ontdek wat ongeveer 30% groter is as die aarde en binne 2,7 dae om sy son wentel.
Francisco Pozuelos, ‘n navorser by die Institute of Astrophysics and Andalusia, sê die planeet is moontlik leefbaar ten spyte van die feit dat dit 3,7 miljoen myl van ons son af is. – CBS News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



