Vrou gearresteer na oorskot in tasse gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou is Donderdag in Suid-Korea gearresteer vir die moord op twee kinders in 2018 in Nieu-Seeland. Die kinders se oorskot is verlede maand in twee tasse gevind.

Die kinders se oorskot is gevind nadat ‘n Nieu-Seeland-gesin die tasse gekoop het by ‘n veiling van stooreenhede. Die kinders was tussen vyf en tien jaar oud en dit is geglo die tasse was vir drie tot vier jaar in die stooreenheid.

Polisiebeamptes van Nieu-Seeland en Suid-Korea het gesê die vrou, wat glo die kinders se ma is, is na ‘n versoek deur Nieu-Seeland gearresteer.

Die Seoul-hooggeregshof gaan nou besluit of hulle die vrou, wat in Suid-Korea gebore is, aan Nieu-Seeland gaan uitlewer.

Bronne: DW – South Africa, NY Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.  Adverteer by FiND iT.

Lees ook: Menslike oorskot in tasse, Nieu-Seeland, was twee klein kinders