Koningin Elizabeth se niggie, Gabriella Windsor, het glo flou geword toe die koningin se kis Woensdag by die Westminster-abdy ingebring is.
Windsor het die intieme diens saam met haar ouers en haar man, Thomas Kingston, bygewoon. Sy het in die tou saam met ander lede van die koninklike gesin gestaan toe die koningin se kis ingebring is.
Volgens Hello was daar oomblikke later ‘n effense rumoer en dit wil blyk of Windsor flou geword het.
‘n Video wys hoe ‘n lid van die personeel haar haastig gaan help.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



